Friday, September 17, 2010

Lewe op die platteland

Vanoggend, word ek wakker gesing deur die voëltjies. Dit was suiwer voëltjie sang en nie die gehees gehoes van voëls in die stad nie! En my kidz is voor my wakker! Kan jy glo!

Buite my kamervenster is 'n Yesterday-Today-and-Tomorrow boom in volle blom, so ek geniet die soet reuk van die blomme.

Vandag is dit studiedag vir my, aangesien ek "werkkaarte" van Unisa het wat moet inwees. Ek is besig om op die ouderdom van 34 vir onderwyser/opvoedkundige sielkundige te leer. Dit met 3 kinders, ouderdom 11,8 en 4. En 'n man wat net naweke huis toe kom.

Dit is so lekker om te studeer dit waarin my passie lê! Ek kan nie wag om met die kindertjies te werk nie!

My kinders is baie gelukkig op die platteland en geniet die skool hier vreeslik baie. Die aanpassing was nie te erg nie en dis so lekker om jou kinders by die skool te gaan haal en hulle glimlag soooo breed!

So met 'n vonkel in die oog, groet ek. Geniet julle naweek!

Groete

No comments:

Post a Comment