Vanaand spel die sterre jou naam,
As ek in die hemel staar,
dan knipoog die maan
Vir my
Die (aand)wind gryp my hand
En pluk saggies aan my om
Te dans, tot laat in die nag.
Ek wil 'n ster vir jou pluk,
'n strik om dit bind
Vir geluk.
Jou hand wil ek gryp
My hart het besluit
Dit is reg,
Om jou by my
te he...
En onder jou venster
Wil ek my liedjie vir jou sing
Van vasbyt en eendag,
As ons saam die berg uitklim...
Want dis ons saamloop
En saampraat,
ophelp as een val,
Ons saamlag en ons dans
Tot laat in die nag,
As ons oe dof en ons harte jonk
Na mekaar kyk,
En mooi lyk,
En steeds saam kan wieg
In die nanag, .
Op ons lewenspad,
Die lewe stap draaie,
Met jou en my,
Maar ons liefde
Sal vir altyd
Staande bly.
Die sterre spel jou naam vanaand,
En dit dans tot in my hart,
Waar dit 'n kers aansteek
En my oe vonkelend vir joune lag...
En ek weet God is by jou,
Dat ek Hom kan vertrou,
Hy sal na jou kyk,
By jou wees
Jy' is Sy kind,
Die sterre spel jou naam vanaand,
En dit dans tot in my hart,
Waar dit 'n kers aansteek
En my oe vonkelend vir joune lag...
Tuesday, September 21, 2010
Friday, September 17, 2010
Lewe op die platteland
Vanoggend, word ek wakker gesing deur die voëltjies. Dit was suiwer voëltjie sang en nie die gehees gehoes van voëls in die stad nie! En my kidz is voor my wakker! Kan jy glo!
Buite my kamervenster is 'n Yesterday-Today-and-Tomorrow boom in volle blom, so ek geniet die soet reuk van die blomme.
Vandag is dit studiedag vir my, aangesien ek "werkkaarte" van Unisa het wat moet inwees. Ek is besig om op die ouderdom van 34 vir onderwyser/opvoedkundige sielkundige te leer. Dit met 3 kinders, ouderdom 11,8 en 4. En 'n man wat net naweke huis toe kom.
Dit is so lekker om te studeer dit waarin my passie lê! Ek kan nie wag om met die kindertjies te werk nie!
My kinders is baie gelukkig op die platteland en geniet die skool hier vreeslik baie. Die aanpassing was nie te erg nie en dis so lekker om jou kinders by die skool te gaan haal en hulle glimlag soooo breed!
So met 'n vonkel in die oog, groet ek. Geniet julle naweek!
Groete

Thursday, September 16, 2010
Lewe in Suid-Afrika
Hi julle! Het verlede jaar laas geblog en so baie het al intussen gebeur!
Vanoggend, na ek by Pick 'n Pay was....kom hierdie jong swart man na my toe aangestap.
Ek het my natuurlik yskoud geskrik, aangesien ek al ' n paar ontnugterings gehad het! Hy kom vra my toe vir brood!
Ek, baie bang om met hom te praat, probeer soveel spasie moontlik tussen my en hom hou, maar helaas, die outjie draai toe om en loop.
So met die omdraai slag sien ek die stukkende plekke op sy arms en hoe maer hy is...en weer sy honger oe...
Oe wat vra na brood! Ietsie om te eet. Terselfdertyd probeer ek nie om aan die pakkies te raak wat hy so met die aanloop uit die waentjie gehaal het,
Te raak nie....
Ek spring in die kar, haal R2 uit vir karwag en besef die maer vuil mannetjie het my waentjie terug gestoot...die karwag se toe met 'n sug...Ai, these homeless boys!
Ek grou toe maar verder vir nog 'n rand of twee en gee dit vir die karwag om in die mannnetjie se hand te stop
Is Suid Afrikaners verantwoordelik vir die baie straatlopers, straatblyers?
Ek dink die "straathuise" skuilings moet beter bestuur word en Suid-Afrikaners moet beboet word as hulle vir die outjies geld of kos gee.
Al haal jy hulle van die straat af, kom hulle tog maar weer terug, want dit het 'n goed betaalde "werk" geword vir hulle!
Help my dink, wat ons kan doen om 'n verskil te maak. Ek glo aan die spreekwoord wat se:
Be the change that you want to see in the world!
!

Saturday, December 12, 2009
Die Seerower

Hier in Glenmore se winkel
staan 'n oom in die ry.
Hy staan doodstil en wag
vir sy beurt reg voor my.
Toe ek afkyk, word my hart koud,
ek voel ek wil kreun;
hy't tatoos en 'n oorbel en 'n ysterbeen.
En ek wonder wat's sy storie van toeka se tyd.
Was dit 'n ongeluk of het 'n haai sy been afgebyt?
Is hy 'n seerower met 'n ystertand en 'n afvingerhand,
wat sy skatte hier kom wegsteek op Peter Pan se strand?
Wat is in sy skatkis, vra klein boetman,
Is dit geld, juwele of dalk tien rand?
Maar wat van sy ysterbeen, wonder ons weer?
En is dit nie dalk soms 'n bietjie seer?
Toe die oom klaar betaal het, toe draai hy om
en ek kyk in sagte blou oe, ek was skoon stom.
Hy glimlag toe vriendelik en loop sonder om te steun,
met tatoo's en 'n oorbel en 'n ysterbeen.
Wednesday, December 9, 2009
As iemand jou met klippe gooi
Wat doen jy met die klippe waarmee ander jou gooi?
* Party mense bou 'n muur rondom hulle om in weg te kruip.
* Party bou 'n altaar om hulleself te offer.
* Ander vat die klippe en gooi dadelik terug.
* Ander bou 'n "onthou-jy" toring.
* Ek bou trappe met daardie einste klippe sodat ek nader
aan my Vader kan kom, nader aan Sy voete. Dan kan Hy my opraap in Sy
liefdevolle arms.
Ek het eendag gelees: "As jy op jou kniee staan, het jy nie sulke lang tone waarop mense kan trap nie."
En ek bid vanoggend: Meer van U Here, minder van myself...

Sunday, December 6, 2009
Koerantmenspakkie

Die nuutste nuus is beskikbaar:
-geisoleer teen die koue-
slaap die koerant-mens-pakkie;
toegerol in die nuutste Rapport,
onder 'n brug,
salig onbewus van die sluipers,
donker dwalende duiwels.
Tog half weggesteek teen die
"koue" van bo,
met wintersvingers wat van
onder af krap en steek.
Het mense jou vergeet,
is jou hart van binne ook so
koud en alleen,
haweloos?
Is die waarom's en wanneer's
ook te veel in jou lewe,
dat jy leef dag tot dag,
onder die aandsterre,
hartseer,
alleen,
onder 'n brug,
toegedraai in koerantpapier?
Hoekom?
Saturday, December 5, 2009
Diepste vorming
Dis hier diep-diep binne my,
waar bloed warm vloei,
en my vlees, sag en pienk,
van seerkry maklik bloei.
Dis hier diep-diep binne my,
waar Hy geen beitel kap;
want die sagte vlees is klei
waaraan Hy saggies vat.
Dis my kern - my menswees
hier diep binne-in.
Waar geen mure skanse bied;
net liewe name op die mure
van my hart se lief en leed.
En hierdie sagte, menswees binne-in
hou Hy saggies in Sy palm
en Hy gebruik warm trane
om dit teer te vorm.
Dis hierdie sagte kern binne-in
wat vra meer van Hom:
sodat die roos wat Hy vorm
in prag vir Hom kan blom.
waar bloed warm vloei,
en my vlees, sag en pienk,
van seerkry maklik bloei.
Dis hier diep-diep binne my,
waar Hy geen beitel kap;
want die sagte vlees is klei
waaraan Hy saggies vat.
Dis my kern - my menswees
hier diep binne-in.
Waar geen mure skanse bied;
net liewe name op die mure
van my hart se lief en leed.
En hierdie sagte, menswees binne-in
hou Hy saggies in Sy palm
en Hy gebruik warm trane
om dit teer te vorm.
Dis hierdie sagte kern binne-in
wat vra meer van Hom:
sodat die roos wat Hy vorm
in prag vir Hom kan blom.
Subscribe to:
Posts (Atom)