Dis hier diep-diep binne my,
waar bloed warm vloei,
en my vlees, sag en pienk,
van seerkry maklik bloei.
Dis hier diep-diep binne my,
waar Hy geen beitel kap;
want die sagte vlees is klei
waaraan Hy saggies vat.
Dis my kern - my menswees
hier diep binne-in.
Waar geen mure skanse bied;
net liewe name op die mure
van my hart se lief en leed.
En hierdie sagte, menswees binne-in
hou Hy saggies in Sy palm
en Hy gebruik warm trane
om dit teer te vorm.
Dis hierdie sagte kern binne-in
wat vra meer van Hom:
sodat die roos wat Hy vorm
in prag vir Hom kan blom.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

No comments:
Post a Comment