Sunday, December 6, 2009

Koerantmenspakkie


Die nuutste nuus is beskikbaar:
-geisoleer teen die koue-
slaap die koerant-mens-pakkie;
toegerol in die nuutste Rapport,
onder 'n brug,
salig onbewus van die sluipers,
donker dwalende duiwels.

Tog half weggesteek teen die
"koue" van bo,
met wintersvingers wat van
onder af krap en steek.
Het mense jou vergeet,
is jou hart van binne ook so
koud en alleen,
haweloos?

Is die waarom's en wanneer's
ook te veel in jou lewe,
dat jy leef dag tot dag,
onder die aandsterre,
hartseer,
alleen,
onder 'n brug,
toegedraai in koerantpapier?

Hoekom?

No comments:

Post a Comment